ERNA SE BAKLOVA
Ek het die op ‘n proe-aand geproe en moes dit net probeer. Ek het die een saamgestel uit al die resepte waarna ek gekyk het. Baie lekker
1 pak filo deeg
250 g margarien
Vulsel:
2-3 koppies neute (lig gerooster en fyn gekap)
1-2 teelepels kaneel
1/4 koppie bruinsuiker
Knypie fyn naeltjies of gemengde speserye
Stroop:
300 ml water
375 ml witsuiker
1/2 koppie heuning
2 eetlepel suurlemoensap
Fyngerasperde skil van 1 klein suurlemoen
1 eeetlepel kaneel
Gooi al die stroop bestanddele bymekaar. Roer dat suiker oplos en kook stadig vir 20min. Laat goed afkoel.
Voorverhit oond tot op 170ºC
Rooster neute effens as jy wil.
Meng vulsel bestanddele en kap fyn (ek het dit sommer in voedselverwerker gegooi) – maak fyn maar nie poeier nie.
Vou deeg oop en sny om in jou pan te pas. As ek deeg velle in helfte gesny het het dit mooi in my pan gepas. (‘n sker werk fantasties om sommer deur die hele pak te sny)
Smelt nou botter en verf elke vel met botter voor hy in pan kom. Verf net liggies. Dit moenie “soak” in die botter nie. As botter nie oral kom nie is dit ook reg.
Pak:
10 velle opmekaar (elkeen gebotter)
Sprinkel 2-3 eetlepels neute oor
Dan 2 velle (gebotter)
Dan weer neute
2 velle, neute
Hou so aan tot vulsel klaar is
Laaste 6-10 velle bo op sonder vulsel(gebotter)
Boonste vel moet botter op he.
Sny met skerp mes blokkies. Nie tot heel onder nie. (Help dat sous beter oral intrek)
Bak ongeveer 40-45 min tot goud bruin
Haal baklava uit oond en gooi dadelik die koue sous stadig oor. Laat staan ‘n paar minute en sny dan blokkies reg deur tot onder.
Laat onbedek afkoel en laat ‘n paar uur staan vir sous om heeltemal in te trek.
Dit vries goed.
Foto en resep: Erna Van der Merwe
geskuif