

ELIZABETH SE HOENDER EN BOTTERSKORSIE LASANGE
Bron en Foto: Elizabeth Frylinck Claassens
FOOD LOVERS RECIPES
4 hoenderborsies ontvel en beenloos
1 klein botterskorsie/ halwe groot botterskorsie geskil en in blokkies gesny
1 ui in blokkies gekap
2 eetlepels botter
1 pakkie vars sampioene gekerf of ñ blikkie sampioene gekerf en gedreineer
Speserye na smaak
2 hoenderaftreksel blokkies
Knypie gedroogde roosmaryn
3-5 ml Ina Paarman knoffel & kruie speserye
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
2 eetlepels koekmeel
1 L melk
Sout en peper na smaak
100 -150g mozarella kaas
200 g cheddar kaas
1 houer roomkaas (ek het knoffel and kruie gebruik)
100 ml melk
Lasagne velle (ek het 1 pakkie gebruik)
Kook hoender in ‘n pot met water en aftreksel en speserye van keuse tot hoender sag is. Skep hoender uit en pluis fyn met ñ vurk. Hou hoenderaftreksel.
Smelt botter in ‘n groot pan of pot en voeg ui en botterskorsie by. Braai tot ui deurskynend begin raak, maar nie bruin nie. Voeg sampioene by en krummel die knypie roosmaryn by die mengsel in. Voeg ook die Ina Paarman se knoffel en kruie speserye by en braai oor stadige hitte. Voeg 2 soplepels vol van die hoenderaftreksel by en prut oor lae hitte tot botterskorsie net gaar is, maar nie pap nie. Gooi dan by hoender en roer deur. Voeg nog 1-2 soplepels vol hoenderaftreksel by die mengsel en roer goed deur. Sit nou sout en peper na smaak by.
In ‘n maatbeker meng die soppoeier en die meel met die melk. Gooi in die pot/pan waarin die uie en botterskorsie gebraai het. Roer oor lae hitte tot sous verdik het.
Meng roomkaas en 100ml melk in ‘n bak en rasper die kaas by. Roer goed deur.
In ‘n gesmeerde oondvaste bak, pak die lae as volg: sous, rou lasagne velle, hoender, lasagne velle, sous, hoender, sous, lasagne velle en roomkaas mengsel. Maak seker dat die lasagne velle nie oormekaar vleuel nie en dat die sous elke keer die lasagne heeltemal bedek. So ook die roomkaas mengsel. Laat staan vir ‘n uur(of langer), bak dan by 180° vir 45-60minute.
Dit is genoeg vir 6-8 persone.
Wenk: maak seker die vulsel en die sous is warm wanneer die lae gepak word. Dit help dat die lasagne velle sag word sonder om dit vooraf te kook.






