BILTONG EN TAMATIE QUICHE
Deeg:
375 ml koekmeel
knippie sout
90 g koue botter gerasper
45 ml yswater
5 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam en vryf die botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng die water en suurlemoensap. en voeg by die deeg.
Ek het hier ‘n ekstra 45 ml yswater by gevoeg.
Meng deeg goed en vorm ‘n bal. bedek goed en verkoel vir 30 minute.
Voorverhit oond tot 200 ºC
Rol die deeg op ‘n meelbestrooie oppervlak uit en voer ‘n 23cm quichepan met die deeg uit. Prik die boom met ‘n vurk en bak 10 min lank blind.
Vulsel
30 ml botter
1 klein ui, fyngekap
1 koppie fyngesnyde biltong (ek het myne baie fyn gemaak en net bietjie oorgelos wat nog grof was)
12 kersietamaties
3 eiers
1 eiergeel
1 koppie room
125 ml melk
sout
varsgemaalde swartpeper
50 ml gerasperde parmesaankaas (ek het feta kaas gekrummel)
Verlaag die oond tot 180ºC.
Verhit die botter in ‘n pan en sorteer die ui tot sag.
Sprinkel die ui en bilton onder in die gebakte kors.
Plaas die tamaties eweredig verspei tusssen die biltong.
Klits die eiers en eiergeel saam, voeg die room en melk by en klits net tot gemeng. Geur goed met sout.
Giet die mengsel oor die biltong en tamaties in die kors totdat die kors vol is. Sprinkel peper oor.
Bak 30 minute tot ligbruin en ‘n mes skoon uitkom wat in die middel gesteek word.
Sprinkel die parmesaan oor sodra dit uit die oond kom.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Geskuif
done