

KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN
KAN GEVRIES WORD TOT GEBRUIK.
1 blik viennas fyn gesny
1 blik soutbeesvleis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml ongesifte koekmeel
3 eiers geklits
1 ui gekap
5 ml elk sout, mosterdpoeier en gedroogte pietersielie
2 ml knoffelvlokkies(opsioneel)
Meng alles saam en skep in gesmeerde kolwyntjiepan en bak op 180ºC tot gestol en ligbruin.
Resep en foto: Vaneen Ferreira







Louise Wedeman se:
Ek het hierdie resep ook al jare. Myne kry n klein gerasperde ui by. Jy kan regtig die viennas en soutvleis met enige iets vervang bv.
Spinasie & feta
Biltong & krummel maaskaas
Gevlokte skelvis of tuna
Aspersies
Bacon en sampioene
Oorskiet kerriemaalvleis
Of sommer net wat jy in die huis het.
Staatmaker!