KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN
KAN GEVRIES WORD TOT GEBRUIK.
1 Blik Viennas fyn gesny
1 Blik Soutbeesvleis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml ongesifte koekmeel
3 eiers geklits
1 ui gekap
5 ml elk sout, mostertpoeier en gedroogte pietersielie
2 ml knoffelvlokkies(opsioneel)
Meng alles saam en gooi in gesmeerde bak en bak op 180 gr tot gestol en ligbruin
Resep en foto: Vaneen Ferreira
One thought on “KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Louise Wedeman se:
Ek het hierdie resep ook al jare. Myne kry n klein gerasperde ui by. Jy kan regtig die viennas en soutvleis met enige iets vervang bv.
Spinasie & feta
Biltong & krummel maaskaas
Gevlokte skelvis of tuna
Aspersies
Bacon en sampioene
Oorskiet kerriemaalvleis
Of sommer net wat jy in die huis het.
Staatmaker!