


VARK SKENKELS
Vir n oosterse sous verwerk in n voedselverwerker :
125 ml tertappel
60 ml olyfolie
125 ml tamatiepuree
45 ml appelasyn
60 ml sojasous
60 ml bruinsuiker
60 ml heuning
15 ml paprika
10 ml mostertpoeier
5 ml fyn gemmer
Voorverhit die oond tot 180 grade C
Vryf hierdie mengsel oor 4x500g varkskenkels wat kepe in die vel gemaak is wat in n groot genoeg
oondbak geplaas is en bedek met foelie
Bak vir drie ure in die oond tot die vleis sag is
Draai die vleis twee maal om gedurende die bakproses en bedruip met die sous wat in die bak is
Haal dan die foelie af en grill vir 10min
ons het dit geniet saam met gekookte pampoen en rys en avo
en was heeeerlik en die vleis sag
Foto : Gideon Louw







Geskuif