

SOET SUUR NIERTJIES
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Sommer my eie skepping
500 g skoongemaakte niertjies (laat lê vir so 30min in sout water)
Smelt 1 eetlepels beesvet en braai die nietjies. Dreineer die niertjies en druk droog, meng ½ koppie koekmeel in en braai saam met 1 ui wat gekerf is vir so 5 min.
Voeg 1 koppie vleisaftreksel, ½ teelepel kerriepoeier, sout en peper, 2 eetlepels appelkooskonfyt en ¼ koppie asyn by.
Roer goed deur en prut vir 20 min.






