

SJOKOLADE S’MORES CUPCAKES
1 ¾ koppie bruismeel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakao
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of vervang met 1 eetlepel wit asyn in 1 koppie melk; laat staan vir 5 min tot dik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanilla ekstrak
1 koppie warm koffie (of 2 teelepels kitskoffie in 1 koppie kookwater)
Meng al die droë bestanddele bymekaar.
Meng dan die ander bestandele by die karringmelk.
Voeg karringmelk beslag by die meelmengsel.
Laastens word die warm koffie bygevoeg.
Bak koek in 180°C oond vir 35 min.
Cupcakes vir 15 min – lewer 28 cupcakes.
WENK LOPERIGE BESLAG!!!!!
Kan ook lindt sjokolade in middel sit vir verrassing of as klaar gebak het uit hol en Caramel treat.
MARSHMALLOW ICING:
4 groot eierwitte
250 ml wit suiker
knippie sout
Sit alles in ‘n hittebestande bak.
Plaas dit oor ‘n kastrol met water wat net net gekook het. Roer aanhoudend die eiermengsel tot suiker opgelos het.
Haal die bak vanaf kastrol en klits vir 2 min op laag en daarna vir 5 min op hoog tot sagte meringue punte maak.
WENK: WATER MOENIE KOOK NIE!!!!
Nou kan die cupcakes versier word, gebruik ‘n blowtorch om die mooi krulle uit te bring.
Bron en Foto: Corné Visser







geskuif