RONEL SE GROENTE POFFERS
3 aartappels grof gerasper
3 patats grof gerasper
3 wortels grof gerasper
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Sap van 1 suurlemoen.
Sout en peper en bietjie suiker,
3 eiergele
3 wit van eiers geklits
Selfraising flour
Melk
Wat ek gedoen het
Het al die groente saam gemeng en toe met die sout en peper gespeel. Gooi bietjie en proe. Toe het ek bietjie suiker by gevoeg. Daarna het ek die selfraising by gevoeg. Sommer so geskat. As deeg te styf is kan jy bietjie melk bysit om slapper te maak as eierwitte dit nie gedoen het nie
Daarna het ek die eier gele bygevoeg .Toe het ek die eierwitte bygesit en nog n slag geproe of sout en peper reg is. Sommer lepels vol in deepfryer geskep. Deeg moenie te slap wees nie. As jy dit op lepel skep moet dit kan vorm hou. Jy sal gou sien as dit reg is. Geniet saam met enige dip. Ek sommer tamatiesous gebruik
Foto en resep geplaas deur: Martha Muller