

ANNELIZE SE BROCCOLI SLAAI MET GRIEKSE JOGURT
1 kop broccoli (rou) in klein stukkies opgesny
1 klein ui, fyngesny en bygevoeg
1 wortel, julliene
½ koppie bacon blokkies (crispy)
½ koppie druiwe korrels, gehalveer
½ koppie rosyne
1 handvol sonneblomsaad of saadjies na smaak
1 handvol amandelsplinters
Meng sous:
½ koppie mayonnaise
½ koppie Griekse yogurt
60 ml asyn
120 ml suiker
sout en peper na smaak
Roer sous deur en bedien. Enige iets na smaak kan bygevoeg word. Ek het ‘n klein beet (rou) gejulliene bygesit, dit maak die sous pienk, maar het ‘n heerlike aardse smaak.
Bron en foto: Annelize van Rooyen






