


RIAANA SE SAGTE FUDGE
Resep en foto: Riaana Pistorius en Erna Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Ek maak vir die skoolverkope en baie ook daarby. Ekstra bietjie water maak fudge sagter en ek sit ‘n 1/3 milkybar by op die einde.
100 ml water
500 ml suiker
60 ml botter
30 ml stroop
1 blik kondensmelk
⅓ milky bar, opsioneel
Giet die water in ‘n kastrol, voeg die suiker by en verhit oor lae hitte, roer totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Sodra die suikermengsel begin borreltjies maak (kook), roer die botter, stroop en kondensmelk by.
Kook tot sagtebal stadium (drup ‘n lepelvol mengsel in glas koue water, druppel moenie oplos nie dit moet solied tot onder sak).
Verwyder die pot van die warm plaat en roer jou stuk milkybar in of gebruik karamel blokkies, die rooi boksie, as jy nie milkybar wil byvoeg nie . Dit maak fudge sagter en gee ‘n romerige smaak .
Keer die fudge uit in ‘n diep pannetjie wat gespuit is met kleefwerende kossproei, sodra dit afkoel en amper gestol is sny in blokkies.






