PESTO PASTA
250g gesnyde sampioene
250g salami, gesny
1 bak halloumi kaas
3 eetlepels basil pesto
Olyf olie
1/2 gekneusde knoffel
250g spaghetti, gaar gemaak
Braai sampioene in botter tot goudbruin en gaar. Voeg salami by, roer en voeg knoffel by. Meng goed deur, braai vir so minuut of drie. Skep mengsel in bakkie uit. In dieselfde pan, braai halloumi kaas tot goudbruin aan beide kante. Haal uit en sny in kleiner blokkies. Gooi gaar spaghetti in die pan, voeg sampioen mengsel by, gevolg deur basil pesto, en dan die halloumi kaas. Sprinkel so bietjie olyfolie en growwe swart peper bo oor en meng goed deur. Bedien dadelik.
Resep bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen