

MAALVLEIS PIZZA
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
100 ml melk
2 medium eiers
25 ml olie
geurige maalvleis (klaar gaar) 340 g
1 medium tamatie, in skywe gesy
1 klein ui, in ringe gesny (ek het myne by maalvleis gevoeg)
100 g Tussers/Mozzarella kaas, gerasper (ek het gewone gouda en feta gebruik en verkies baie kaas om hele deeg toe te maak)
Swart peper na smaak
10ml pietersielie
Smeer tertbak/oondbak.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Kilts melk, eiers en olie tot gemeng. Roer die eiermengsel by die droë bestanddele en klop met ‘n draadklitser tot ‘n slap deeg. Smeer die deeg egalig op die boom van tertpan/oondbak.
Voorverhit oond tot 200°C.
Versprei die maalvleis eweredig oor die deeg. Plaas tamatieskywe en uie ringe bo-op en strooi die gerasperde kaas oor. Geur na smaak met peper.
Bak dit vir 20 min in tertbak of 30 min in oondbak tot gaar.
Strooi pietersielie oor.
Ek het die resep dubbel aangemaak en 500 g mince gaar gemaak in uie met sout en peper, Italian herbs en Steak and Chop spice na smaak. En ek het origanum bo-oor die deeg gestrooi. Die dis was heerlik. Sal dit weer maak.
Foto: Clinton Elsa Swart






