

LIEZLE SE CHEEZY PASTA
Lekker pasta gemaak vir die koue weer. Daar bly nooit hiervan oor in ons huis nie!
1/2 pak penne
1kg maalvleis
1 ui
1 tamatie
2 pakkies 3 cheese pasta sous
2 koppies kaas
Worcestor sous
Chutney
Bisto
Maak pasta gaar in water. Braai uie en tamatie. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Meng 2 teelepels bisto met bietjie water en gooi by. Gooi worcester sous(10ml) en chutney(20ml) by na smaak. Gooi in oondvaste bak. Maak kaassous aan en gooi bo oor maalvleis en pasta. Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 30 min tot bruin.
Resep en fot: Liezle van Niekerk






