

LEKKER VINNIGE KLAPPERYS
Hierdie reseppie is baie heerlik en maklik en kom ook uit ‘n Huisgenoot boek uit, kyk wat het ek met daardie klapperys gemaak vir ons damestee.
1 blik kondensmelk
830 ml versiersuiker gesif
900 ml klapper
5 ml vanilje geursel
Paar druppels koekkleursel
Meng al die bestanddele goed saam, druk in gesmeerde pan of rol in balletjies.
Die blaartjies word so gemaak:
Dit is van fondant gemaak met CMC poeier in om dit hard te laat word.
Foto’s: Magda Van Der Merwe






