GIDEON SE ONTBEENDE LAMSRIBROL OP DIE KOLE
1 klein ontbeende lamsribbetjie ontbeen en gevlek
1e tamatiesous
1t sojasous
2e olyfolie
2e sweet chilliesous
2e Worchestersous
Sout en peper na smaak
Meng alles saam en smeer die ribbetjie daarmee. Gebruik die orige sous en marineer die rib daarin vir n uur of twee
Rol die rib van kant af toe en bind vas met n tou ekt sommer n tipe knoop gebruik wat seker net ek sal kan doen
Braai dit dan op stadige kole vir omtrent n uur ekt maar gedurig koletjie bygekrap as dit dalk te koud raak
Smeer ook van tyd tot tyd met n kwas die oorblywende sous op die ribbetjie
Bron en foto: Gideon Louw