GIDEON SE KAMMA SKOF
Ons het vanaand die kamma skof gaargemaak.
Dit is die vleis wat afgesny is op die skouer waar die skof veronderstel is om te wees.
Ek het dit in die oond gebak vir 4 ure op 180 grade in ‘n sous.
Sous
2 e sweet chille sous
1 t sojasous
2 e chutney
2 e heuning
3 e olyfolie
Sout en peper na smaak
Meng alles saam, plaas die vleis in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor en bedek met foelie.
Ons het dit saam met gekookte wortel, smash, gekookte patat en beetslaai. Geniet!
Bron en foto: Gideon Louw