

DROOG VAN AARTAPPEL
Dit was baie eenvoudig. Kook aartappels soos vir mash, gooi water af en druk fyn, sprei dun uit op backplate/skinkborde laat droog word bo en draai dan om sodat ander kant ook kan droog word. As heeltemaal droog is breek op in stukke en pols in voedselverwerker tot fyn poeier, bere in lugdugte houers
Jy gebruik dit soos Smash. Gooi bietjie kook water of gekookte water en melk en n klontjie botter by.
meeste gedroogte produkte is ñ derde vars produk. Dws een koppie gedroog is 3 koppies vars. Dis net min of meer ñ goeie aanduiding.
Dan laat week ek dit in kookwater vir 5 tot 10 minute en gebruik van daar af soos benodig.
Resep: Christine Pienaar







done