

BALTIMORE MELKTERT
Resep en foto: Maranda van Dam
FOOD LOVERS RECIPES
Soet Bros Kors:
Voorverhit die oond na 200 ºC
Smeer twee melktert panne met botter
125 g botter
125 ml suiker
1 eier, lig geklits
500 ml koekmeel gesif
5 ml bakpoeier
1 ml sout
Room botter en suiker tot lig. Voeg eier by en room tot lig. Voeg res van bestanddele by.
Vat die degie en laat rus in koelkas vir 20 minute
Verdeel die deeg in twee, rol uit in sirkels en druk uit in panne.
Blindbak die doppe vir so 15 minute ( ek gebruik sommer boontjies- en ek lê eers die bodem met waspaier uit en sit dan bone bo-op )
Laat afkoel
Vulsel:
1 liter melk
45 ml botter
3 eiers
100 ml suiker
70 ml maizina ( mielieblom )
45 ml koekmeel
7 ml vanilla geursel
Verhit die melk en botter tot by kookpunt en haal van stoof af.
Klits res van bestanddele saam met klein bietjie koue melk ( ek gebruik so 150ml ).
Voeg die mengsel by die verhitte melk en sit terug op die stoof.
Laat goed warm word op matige hitte en roer tot mengsel lekker prut.
Verdeel mengsel tussen melktertpanne.
Sprinkel met kanneel en laat koud word.
Notas:
Mens bak nie die tert weer nie jy laat hom net afkoel.
Moet nie jou melk te warm laat word nie.
Maak seker dat jou vulsel ‘n lekker slap batter is en geen klonte in het nie.
Hierdie mengsel maak genoeg vir twee pyrex tert bakke van 22cm.







Linda Wilcock
Ek het selfde resep al baie gemaak baie lekker en maklik ek sit net bietjie 1 teeleppel vla saam die mielieblom