BALTIMORE MELKTERT
Soet Bros Kors:
Voorverhit die oond na 200 ºC
Smeer twee melktert panne met botter
125 gr botter
125 ml suiker
1 eier, lig geklits
500 ml meel gesif
5 ml bakpoeier
1 ml sout
Room botter en suiker tot lig
Voeg eier by en room tot lig
Voeg res van bestanddele by
Vat jou degie en laat rus in koelkas vir 20 minute
Verdeel jou deeg in twee, rol uit in sirkels en druk uit in panne
Blindbak die doppe vir so 15 minute ( ek gebruik sommer boontjies- en ek le eers die bodem met waspaier uit en sit dan bone bo-op )
Laat afkoel
Vulsel:
1 liter melk
45 ml botter
3 eiers
100 ml suiker
70 ml maizina ( mielieblom )
45 ml meel
7 ml vanilla
Verhit die melk en botter tot by kookpunt en haal van stoof af
Klits res van bestanddele saam met klein bietjie koue melk ( ek gebruik so 150ml )
Voeg die mengsel by die verhitte melk en sit terug op die stoof
Laat goed warm word op matige hitte en roer tot mengsel lekker prut
verdeel mengsel tussen melktertpanne
Sprinkel met kanneel en laat koud word
Notas:
Mens bak nie die tert weer nie jy laat hom net afkoel
Moet nie jou melk te warm laat word nie
Maak seker dat jou vulsel ‘n lekker slap batter is en geen klonte in het nie
Hierdie mengsel maak genoeg vir twee pyrex tert bakke van 22cm
Resep en foto: Maranda van Dam
Linda Wilcock
Ek het selfde resep al baie gemaak baie lekker en maklik ek sit net bietjie 1 teeleppel vla saam die mielieblom