


DEKADENTE SJOKOLADE TERT
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
½ koppie kakao
½ koppie kookwater
½ koppie olie
4 eiers, geskei
Voorverhit oond tot 180°C.
Klits al die bestanddele behalwe eierwitte saam.
Klits eierwitte styf en vou by beslag in.
Gooi in gesmeerde oondbak (26 x 26 cm x 4 cm).
Bak vir 35 minute – indien nodig, nog 10 minute.
Sous
½ koppie suiker
1 blik Ideal melk
1 groot blok sjokolade met neute
Kook die suiker en Ideal melk saam.
Verwyder van hitte.
Kap sjokolade grof en voeg by melkmengsel.
Roer tot gesmelt.
Gooi oor koek sodra dit uit oond kom.
Foto en resep: Marietha Herselman






