

ALTA SE ALIKREUKEL
Ons vanaand alikreukel geëet, en dit was so lekker om in die Karoo seekos te kan eet.
± 1 kg gaar gemaalde alikruk
1 ui, fyn gekap
2 medium aartapels, in klein blokkies geny en amper sag gekook in mikro
¼ teelepel fyn neutmuskaat
2 teelepels aromat
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
½ suurlemoen se sap
½ koppie droë witwyn
½ koppie room
gekapte piertersielie
Braai uie tot deurskynend. Voeg neut en wyn by en kook goed deur.
Voeg aartapel en alikruk by. Geur met aromat en suurlemoensap. Voeg laaste die room, pietersielie en swartpeper by. Kook goed deur. Bedien op rys of noedelrys.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk






