


ZORANA SE BROODPOEDING
Resep en foto: Zorana Zee Vd Berg
2de Foto: Mario Nel
8 snye brood in blokkies gesny
Plaas die broodblokkies in ‘n oondvaste bak.
3 eiers geklits
2 koppies melk
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie suiker
Klits goed saam en giet oor die broodblokkies.
Stip met botter en appelkooskonfyt.
Bak in warm oond teen 180º tot goudbruin en gestol.







GESKUIF
done
So n rukkie terug was daar n broodpoeding nagereg op gewees, nou ja ek wil net se hierdie ekstra kilo of wat aan my boud en heupe se naam is Broodpoeding! Dit was heerlik dankie en ek het dit nou al twee maal na die eerste probeerslag gemaak! Hoe ouer die brood hoe lekkerder!!!!Dankie julle!
O ja wou net byse ek het karamelgeursel gebruik want my vanielje was klaar dit was net so lekker!