ZORANA SE BROODPOEDING



ZORANA SE BROODPOEDING
Resep en foto: Zorana Zee Vd Berg
2de Foto: Mario Nel
8 snye brood in blokkies gesny
Plaas die broodblokkies in ‘n oondvaste bak.
3 eiers geklits
2 koppies melk
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie suiker
Klits goed saam en giet oor die broodblokkies.
Stip met botter en appelkooskonfyt.
Bak in warm oond teen 180º tot goudbruin en gestol.