

TESSIE SE TOFFIE NAGEREG
(nagereg / koek / kolwyntjies – bedien met lou warm vla)
Bak tyd in mikrogolf oond vir ringpan 7 minute
6 kolwyntjies op ‘n slag 3 minute
2 eiers
1 koppie suiker
½ koppie mayonnaise
½ koppie kookolie
¼ teelepel sout
5 ml vanilla
4 eetlepels kitskoffie
6 teelepels kakao poeier
250 ml lou warm water
2 koppies koekmeel
2½ teelepels bakpoeier
½ fyn kaneel
Illovo Toffee sous
Mengsel 1
Meng kakao, koffie poeier, kaneel met ‘n eetlepel suiker in maat beker, roer goed, voeg koppie lou water by.
Mengsel 2
In verwerker of mengbak klits eiers, suiker, olie, vanilla en mayonnaise – meng goed tot suiker opgelos is.
Meng mengsel 1 by eier mengsel en laastens koekmeel en bakpoeier by.
Skep een derde van deeg in voorbereide ringpan, drup toffie sous oor deeg mengsel – plus minus 4 – 6 eetlepels.
Skep 2de derde van van deeg bo oor moenie roer.
Mikrogolf vir 7 min by vol krag – bedek en laat afkoel – as jy koek uitkeer is daar kraters wat deur toffee sous gemaak is. (sien foto)
Versier met ‘n koffie geur versiersel of bedien met lou warm vla as nagereg.
Deeg wat oorbly het ek gou ‘n paar cupcakes gemaak / my ringkoek pan is nie baie groot, met ‘n groter ringpan kan deeg net in 2 gedeel word.
Resep en foto: Tessie Pretorius






