


SUSTERSAAMTREK MIKROGOLF SOUSKLUITJIES
Foto: Lorma Naude
Ek het vanmiddag die resep vir Mikrogolf souskluitjies gemaak en was heerlik gewees, sal die sous net bietjie dikker maak. Het die resep gekry uit die Sustersaamtrek van Gereformeerde kerk Standerton en aangrensende gemeentes se resepteboekie wat saam met die Saamtrek in Maart 2017 uitgegee was.
Sous:
900 ml kookwater
180 ml suiker
35 ml koekmeel
5 ml kaneel fyn
2 ml sout
12,5 ml margarien
Kook al die bestanddele saam vir 8 – tot minute. Gebruik ‘n 25 cm kasserol bak met ‘n deksel. Skep die deeg teelepel gewys in die kokende stroop en kook vir 3 minute op hoog.
Deeg:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
20 ml margarien
2 eiers
40 ml melk
75 ml gesmelte margarien
kaneel
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien in die meelmengsel tot fyn krummels. Meng melk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel om ‘n sagte deeg te vorm. Skep teelepels gewys in die kokende sous en kook vir 3 minute op hoog. Verwyder uit oond, skep gesmelte margarien en kaneel oor en geniet.
Nota:
Die sous was ‘n bietjie dun so as ek dit weer maak sal ek ‘n bietjie meer meel gebruik om sous dikker te maak.






