SUENELLE SE OPGEDOLLIEDE BABA AARTAPPELS
1 pak Baba aartappels met knoffel en kruie, met die hoeke afgesny van die pak en 8min in mikrogolf gestoom.
In pan geplaas met bietjie olyf olie.
Sout en pepper
Gerookte paprika so tlp vol
Tiemie ook so tlp vol
oorgestrooi en gemeng.
Plaas in voorverhitte oond van 200ºC
Bak tot begin bruin raak, meng aartappels dat oral bruin kan bak.
Sodra dit uit die oond kom gooi 1-2 eetlepels heuning en ‘n 1 eetlepel volgraan mosterd oor, en meng goed.
Bron en foto: Suenelle Liebenberg