

LORAINE SE MAKLIKE BOLOGNAISE
My maklike bolognaise – baie komplimente gekry.
500 g topside maalvleis
1 groot gekapte uie
1 teelepel gekneusde knoffel
1 groot pakkie tamatie puree
4 eetlepels tamatiesous
sout en peper na smaak
Braai uie en knoffel saam in ‘n bietjie olie, voeg maalvleis by en braai tot lekker los en gaar. Voeg tamatie puree en tamatiesous saam met so ‘n koppie en 1/4 water, voeg sout en peper na smaak en laat stadig prut vir so half uur.
Ek gebruik hierdie vir my lasagne en ook vir my bolognaise. Almal wat my lasagne al ge-eet het kon nie uitgepraat raak nie..
Resep: Loraine Peyper Viljoen






