RONELL SE HOENDERPASTA
BESTANDELE
1kg hoender filette in klein blokkies gesny
1 pakkie gesnyde sampioene
1 groot ui fyngekap
1tl fyn gekapte knoffel
hoenderspeserye
1tl gemengde droe kruie
1tl knoffel en kruie Ina phaarman
1tl italiaanse kruie
sout en growwe peper
1 pak pasta van jou keuse gekook tot net gaar.
Maak genoeg kaassous. Ek het so 3k uitgekry met 2k gerasperde kaas ingemeng.
METODE VIR HOENDERPASTA
.Meng Al jou speserye en kruie en sout en peper met hoender blokkies.
.Braai die blokkies hoender in vlak olie tot gaar.
.Haal dit uit en skep in glasbak met deksel .
.Braai nou die fyngekapte ui en knoffel tot ligbruin.
.Voeg die gesnyde sampioene by en braai liggies.
.Voeg nou weer die hoender blokkies by die uie en sampioene .
.Voeg die pasta by die bg. En roer deur.
.voeg jou kaassous bo oor en meng liggies deur
foto 2
3 pakkies spek gebruik en die hoender uitgelaat
BRON: Ronell Muller Boshoff – My eie resep
FOTOS: Ronell Muller Boshoff
One thought on “RONELL SE HOENDERPASTA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Anita Van Greunen Ferreira
Dankie Ronell vir die heerlike bederf. Ete. Was . . . Uit die boeke. In n klas wat so eie aan al jou kos is.