

ROMERIGE TUNA, PASTA EN BROKKOLI
4 koppies gaar pasta vorms
2 koppies liggies gestoomde brokkoli stukkies
2 blikkies gedreineerde gevlokte tuna
2 koppies medium dikte witsous
2 geklitste eiers
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
Roer die eiers by die witsous in asook 1 koppie van die kaas. Meng al die bestanddele behalwe die ekstra koppie kaas. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 25 min by 180°C.
Resep en foto: Elsabie Templeton







geskuif