PAMPOEKOEKIES A LA JUNE
2 koppies saggekookte pampoen
1/2 koppie Sasko Koekmeel
(1/2 =Halwe koppie)
1/2 koppie Bruismeel
5ml fynkaneel
2 eetlepels suiker(1 sakkie kunsmatige versoeter)
1 groot eier
Canola of olyfolie vir bak in vlak pan.
(Kaneelsuiker is witsuiker gemeng met fynkaneel. Die fynkaneel kan na eie oordeel minder of meer gemaak word. Meng genoeg kaneelsuiker om bo-oor koekies te strooi.)
METODE
Meng alles deeglik saam en bak in vlak canola olie of olyf olie. So 3 minute aan elke kant op medium hitte.
Plaas gebakte pampoenkoekies op bord waarop kaneelsuiker gestrooi is. Strooi kaneelsuiker bo-op elke koekie.
Resep en foto: June Fisher