

HOENDER CHAKALAKA SLIDERS
1 heel gaar hoender, ontbeen en uitgepluis.
1 blik chakalaka, mild and spicy
1 koppie mayonnaise
1 teelepel knoffelpoeier
1 teelepel pietersielie
1 koppie wit cheddar kaas, gerasper
1 eetlepel gesmelte botter
12 sagte broodrolletjies ( verkieslik die wat aan mekaar is )
Meng mayonnaise met knoffel en pietersielie.
Sny rolletjies in die helfde deur. Haal versigtig die boonste gedeelte af. Pak onderste gedeelte van rolletjies in oondbak. Smeer van die mayo mengsel oor die rolletjies. Hou bietjie van mayo oor. Sit hoender op, gevolg deur chakalaka. Sit res van mayo oor, sprinkel met kaas, en bedek met boonste gedeelte van rolletjies. Smeer bo kant met gesmelte botter. Plaas in voorverhitte oond teen 180ºC vir sowat 12-15 minute.
Haal uit en sny rolletjies al met die lyn af.
Resep: Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Sonja Young







Ek het hoenderfillets gebruik en sommer vars knoffel saam met die hoender gaargemaak. Ek het ook hotdog-rolletjies gebruik.
Dis regtig ‘n lekker vinnige en vullende gereg!