

ERICA SE VINNIGE “FRYJACKS”
Resep en foto: Erica Barker
FOOD LOVERS RECIPES
Vanoggend gou “fryjacks” gemaak vir ontbyt, ek het nie brood in die huis gehad nie.
2 koppies bruismeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 eetlepel botter
1 koppie water
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Sny of vryf die botter by die meelmengsel in tot die meel soos krummels lyk, voeg die water bietjies-bietjies by, terwyl jy meng of knie tot die deeg nie meer klewerig is nie. Deel die deeg in 2 en laat dit rus vir 20 min. Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak met ‘n deegroller tot ongeveer 1 cm dik, sny die deeg in 8 stukke en braai in olie tot bruin.







Done