


CHRISTELLE SE KOFFIE SJOKOLADE POEDING
3 eiers
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao opgelos in kwart koppie kookwater
1 koppie koekmeel
1 hoogvol teelepel bakpoeier
⅓ koppie kookolie
1 koppie sterk swart koffie (2 teelepels Jacobs by 250 ml water)
1 teelepel karamel essense
Klits eiers en suiker tot fluffy.
Voeg kakao opgelos in kwart koppie kookwater stadig daarby.
Voeg koekmeel en bakpoeier by.
Voeg kookolie gemeng met ‘n kwart koppie van die sterk swart koffie by deegmengsel, hou res van die koffie
Voeg karamel essence by, meng deur en skep in voorbereide oondbak.
Bak vir 30 min teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Sous:
Meng 1 koppie suiker met orige ¾ koppie koffie op stoofplaat tot opgelos- gooi sous lepelsgewys oor poeding sodra uit oond kom, bedien warm met vanilla roomys.
Bron en foto: Christelle Grobler
2de foto: Louise Groenewald – Ek het hierdie lekker poeding vir ‘n spesiale geleentheid gemaak vanoggend. Ek het dit 7 minute langer gebak, oonde verskil mos maar.
Ek het een houertjie room (250 ml) by die sous gevoeg en blokkies sjokolade in die poeding gedruk na die sous oorgegooi is (vir ekstra dekadensie) 😀
Ons gaan die poeding warm eet saam met roomys.







geskuif
Hierdie poeding is regtig besonder lekker 🙂
Done