ADRI SE EENPOT HOENDERGEREG IN DIE PRUTPOT
Meng 2 koppies rys met 1 pakkie bruin uie sop poeier, sommer in die bak dan maak jy nie ekstra skottelgoed nie
Meng nou 1 blikkie tamatie en uie smoor by.
Gooi nou so paar baba aartappel, wortels stukke en gekapte seldery bo-op.
Laat 1 blokkie hoender aftreksel oplos in 4 kop warm water en gooi oor die rys mengsel.
Pak nou hoender stukke bo-op…ek het dytjies gebruik.
Strooi hoender speserye oor en laat kook tot gaar.
Ek het dit so 5 ure op hoog aan gehad.
Bron en foto: Adri Redlinghuys