

WENDY SE SJOKOLADE KOEK
¾ koppie suiker
4 eiers
1 teelepel vanilla
2 eetlepel margarien
½ koppie melk
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
4 teelepels bakpoeier
Verhit melk en margarien, klop suiker en eiers tot lig. Voeg vanilla by, asook kakao en meelmengesel en klop goed. Voeg laastens warm melk en margarine by. Klop vinnig tot goed gemeng is en bak by 180 ºC vir 30 minute of tot gaar.
Versiersel
2 eetlepels stork margarien
8 eetlepels versiersuiker
4 eetlepels kakao
bietjie kookwater
Meng goed, versier die koek en laat staan vir 2 ure dan is dit lekker sappig. Ek maak dat dit slap is.
BRON EN FOTO: Wendy Roberts Jv Rensburg






