SKAAPSKENKELS OP KAPOKAARTAPPELS
8 skenkels
1 liter tamatiesap
1 kg tamaties gekap
1 pakkie Ina Paarman pepper (red sweet pepper) pesto
2 eetlepels gekapte knoffel
sout en peper na smaak
Maak toe met foelie, stowe in die oond op 150°C vir 4 tot 5 ure. Gooi 500 g gevriesde ertjies in die sous en sit oop terug in die oond vir 20 minute. Maak genoeg kapokaartappels met botter, melk, peper en sout en bedien die skenkel en sous op die aartappels.
Resep en foto: Mara Thomas