“SPICY” HOENDERLEWERTJIES MET BYT
2 x 500 g skoongewaste hoenderlewertjies
3 medium grootte uie, ringe gesny
1 groot groenrissie, gekap
3 mediumgrootte tamaties, gekap
gaar aartappel, in blokkies gesny
¼ koppie water
½ teelepel sout en swart peper na smaak
1 eetlepel peri-peri speserye (dalk ‘n bietjie meer vir ‘n warmer smaak)
1 eetlepel paprika
1 eetlepel chicken spice
1 eetlepel spicy kerrie poeier
bietjie worcestersous
bietjie bisto om te verdik
Braai die uie, groenrissie en lewertjies in die olyfolie en die spices tot feitlik gaar. Voeg tamaties by. Voeg gaar aartappel blokkies by.
Voeg die water by en prut vir 10 minute terwyl dit versigtig geroer word.
Verdik sous met bietjie bisto.
Franse brood gerooster vir opdiening.
Bron en Foto: Mariè Fourie
geskuif