

SJOKOLADE KRUSHER
Resep en foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Daar is mos die plek wat gaar kosse verkoop wat ‘n nuwe Krusher maak.
My seun bring toe nou die aand vir my ‘n KitKat Krusher.
Dis nou roomys soos ‘n ektra dik melkskommel met stukkies KitKat in.
Hulle maak ook ‘n Oreo Krusher. Toe moes ek net een gaan koop om te proe.
Ek hou nogal van altwee maar soos ek is, maak ek toe die een ‘n ‘n groot glas.
Roomys met KitKat, dan weer roomys, dan Oreo, dan weer roomys, klein bietjie melk om die roomys ‘n ektra dik melkskommel idee te gee.
Heel bo-op Milo poeier en warm sjokolade stroop.






