RUGBY TERT
Selfgebak! Ruik bevange lekker 🙂
Heerlik!! Bak genoeg een is nooit genoeg nie.
1½ koppie koekmeel
2 eiers
1 koppie melk
knippie sout
1 koppie suiker
3 eeetlepels botter
2 teelepels bakpoeier
Verhit die oond 180ºC. Verroom botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer ‘n lang pyrex bak en plaas deeg in. Bak vir 45 min of tot gaar.
Wanneer gaar steek gaatjies in en smelt ½ koppie botter en 2 teelepels mamite in mikrogolf en gooi oor. Rasper ‘n lagie cheddar kaas oor en verhit weer tot gesmelt.
Nota: hou hom dop net oor halfuur resep se 45 min maar dis gaar na 30 min
Foto en Resep: Edna Liebenberg Willemse
Geskuif