

RONELL SE AWESOME KERRIEVIS
Meel en geklitste eiers
2 kg stokvis, gefilett
Sny jou vis in groote wat jy verkies. Sout en peper.
Rol elke stukkie in meel en skud oortollige meel af en doop in eier. Bak in warm vlak olie tot gaar en bruin.
Pak op handdoek papier.
KERRIESOUS:
Sny 1 kg uie in ringe en pak in vlekvrye staal pot of swartpot.
Gooi bo oor uie : 3 k bruinasyn
6 lourierblare
1 k water
½ k suiker (kan later meer byvoeg)
2 E kerrie van jou keuse en 1 E kerrie mix van woollies. Of spice winkel.
1 E borrie
sout
1 koppie blatjang
3 E appelkooskonfyt
Kook al die sous bestanddele saam vir 40 minute. Roer nou en dan. Proe tussen deur, as te sterk is, voeg nog halwe koppie water by. As daar suiker kort, voeg by na smaak.
As jy jou sous dikker soek, maak ‘n bietjie maizena aan met van die sous in die pot. Voeg dan by en laat prut bietjie tot verdik.
Vat plastiek bakke wat goed seël of glas.
Skep van die sous onder in.
Pak laag vis en skep sous bo oor.
Dit moet heeltemal toe wees onder sous.
NS: Ek maak my sous dubbeld aan dan is dit oorgenoeg.
Bron en foto: Ronell Muller Boshoff






