

LEKKER GROENTESOP
3 wortels
2 rape
1 bossie seldery
1 pakkie (ongeveer 6) leeks (dink dis preie in afrikaans)
1 sakkie 50 g tamato paste
Spagetti na gelang van hoe dik jy die sop wil he (ek het so kwart pakkie gebruik)
700 g shin beesvleis
Rasper wortels en rape. Sny preie en seldery in stukkies.
Kook groente, tamato paste en spagetti (ek breek dit in klein stukkies voor ek dit die pot gooi) als saam in water.
Dit word dikker hoe langer dit kook.
Geur met Sout en original Maggie Arome na smaak.
Kook shin apart en gooi laaste by die sop en kook nog so 10 min.
Bedien warm saam met sny brood (of 2).
As die sop te dik word gooi net bietjie water op ‘n slag by en kook dit dik genoeg na jou smaak.
Foto: Monique Van der Merwe






