

LEKKER BRUIN SOUSPOEIER
Dan het jy altyd jou souspoeier in houer.
1 pakkie bisto
1 pakkie wit uiesop
2 pakkies bruin uiesop
1 pakkie ostert of beestert sop
1 pak 500g maizena
Meng alles saam.
Plaas in lugdigte houer
Om sous te maak:
1 desert lepel van die mengsel op koppie water
Kan uie by braai.
Sout en peper na smaak
Foto: Atalie Bronkhorst
Resep: Atalie se Moeder se resep
Estelle Leeuwner Claassens
Hierdie sous mengsel kan oor tjops of ander lamsvleis gesprinkel word voor dit oond toe gaan. Baie handig om altyd gereed te hê.







done