

KARRINGMELK VANILLA KOEK of PANKOEK
3¼ koppie meel
3 koppie suiker
2½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
1 koppie botter
3 teelepel vanilla ekstrak (essence werk ook lekker)
1 koppie eier witte (omtrent 7 groot eiers)
1½ koppie karringmelk (kamertemperatuur)
1/8 koppie olie (30ml)
Voorverhit oond tot 180º C. Smeer panne.
Meng al droe bestandele saam. Voeg dan botter en stukkies by tot korrelrig.
In aparte bak meng al die nat bestanddele tot net gemeng.
Op lae spoed meng derde van nat mengsel by droe tot net gemeng. Skrap die kante van die bak af en voeg res van die nat mengsel by op medium spoed. Meng deeglik.
Skep uit in voorbereide panne en bak vir 35-40 min of tot steektoets skoon uitkom.
Lewer 30 cupcakes, 3 ronde koeke of standaard grootte reghoek of vierkant koek.
Ek het al hierdie resep gekleur, vrugte bygesit en al netso gebak met slegs choc chips oor. Dis rerig ‘n baie lekker resep. Dis al een wat ek gebruik.
Resep: Alicia Pearson






