

EEN BAK SJOKOLADE SPONSKOEK
Ek deel ook hierdie wonderlike Sjokolade sponskoek resep wat ek op die internet gekry het. Dis maklik en vinnig. Lewer ‘n stewige koek wat mooi sny of vorm en is glad nie droog nie. Ek gebruik dit veral met vorm of stacking koeke. Lewer 24 cupcakes, 2 ronde laag koeke.
2 koppies suiker
1 ¾ koppies koekmeel
¾ koppie kakao
1 ½ teelepels bakpoeier
1 ½ teelepels koeksoda
1 teelepels sout
2 eiers
1 koppie melk
½ koppie olie
2 teelepels vanilla geursel
1 koppie kookwater
Voorverhit oond tot 180 ºC en smeer panne.
Meng al die droë bestanddele saam. Voeg die eiers, melk, olie en vanilla by.
Meng mengsel goed deur. Meng die kokende water in en meng tot gladde mengsel vorm. Skep in voorbereide pan.
Bak vir 25 – 35 min of tot steektoets skoon uitkom.
Resep: Alicia Pearson






