

GEWILDE WORTELKOEK
500 ml (2 koppies) koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) fyn kaneel
5 ml (1 teelepel) gemengde speserye
5 ml (1 teelepel) sout
4 eiers
125 ml (½ koppie) margarien
62 ml (¼ koppie) olie
375 ml (1 ½ koppies) strooisuiker
25 ml (2 eetlepel) water
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel of
3 ml (½ teelepel) gerasperde lemoenskil
200 ml (⅘ koppie) gekapte okkerneute
500 ml (2 koppies) fyn gerasperde geelwortels
Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Klits die margarien, olie, suiker en water saam tot lig en romerig in ‘n aparte mengbak.
Voeg die geklitste eiers geleidelik by en meng goed deur. Voeg die geursel by.
Vou die droë bestanddele by die eiermengsel en roer die neute en wortels by die meelbeslag.
Giet die beslag in ‘n voorbereide ringvormpan of langwerpige oonpan.
Bak die koek in ‘n voorverhitte oond by 180°C (350 °F) vir 35 tot 40 minute.
Giet karamel glansversiersel oor die gaar koek en sprinkel gekerfde amandels of gekapte okkerneute bo-oor.
Resep: Sanet Meiring Burger







Done