

GEURIGE TUNAGEBAK
750 ml broccoli, in blommetjies gebreek
2 x 200 g blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 x 430 g blik aspersiespunte, gedreineer
1 x 150 g pak aartappelskyfies, gekrummel
250 ml gerasperde kaas
1 x 430 g blik aspersieroomsop (ek het mushroomsop gebruik)
150 ml melk
Blansjeer broccoli in soutwater en dreineer. Plaas helfte van tuna, broccoli en aspersies in ‘n oondbak. Strooi ‘n bietjie aartappelskyfies en kaas oor en herhaal lae. Eindig met kaas. Meng aspersieroomsop en melk. Verhit tot kookpunt. Giet sop oor kaas, Bak 20 min by 180°C in ‘n voorverhitte oond.
Foto: Benhet Nieuwenhuis







geskuif