

ELNA SE SAMPIOENE MET SPINASIE EN FETA VULSEL
8 groot sampioene
400 g spinasie
4 spruituie gekerf
15 ml botter
4 wieltjies fetakaas (Woollies se fetakaas met songedroogte tamaties)
Braai spruituie tot sag in botter, voeg spinasie by en roerbraai tot net gaar.
Sny fetakaas in blokkies en meng by spinasie. Skep vulsel bo-op sampioene. Bak by 180°C tot sampioene gaar is. Omdat ek die fetakaas gebruik, sit ek glad nie sout by die spinasie nie.
Bron en foto: Elna Erasmus






