CHILLI CON CARNE MET GEBAKTE PATAT OF AARTAPPEL
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15-20 min.
Gaarmaak: 30 min.
4 groot patats of aartappels (ek het patats gebruik)
500 ml (2 k) hoenderaftreksel of groenrooibostee, gekook (Ek het hoenderaftreksel gebruik)
VULSEL
400 g-blik rooinierboontjies, gedreineer en gespoel
65 g tamatiepasta
3 ryp middelslagtamaties, ontpit en
fyn gekap 1 klein ui
¼ elk rooi, groen en geel soetrissie, in klein blokkies gesny
5 ml (1 t) fyngedrukte vars knoffel
5 ml (1 t) fyn komyn
2 of 3 vars groen of rooi brandrissies, ontpit en gekap
5 ml (1 t) gedroogde origanum
5 ml (1 t) suiker of na smaak
olyfolie
sout
AFRONDING
125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
30-45 ml (2-3 e) elk vars koljanderblare en pietersielie, gekap
5 ml (1 t) suurlemoensap en -skil
60 ml (4 e) natuurlike volroomjogurt
1 Skrop die patats of aartappels goed skoon en kook ongeveer 20 min. in hoenderaftreksel of groentee, maar nie tot heeltemal sag nie. Dreineer en laat effens afkoel.
2 Vulsel Plaas al die vulselbestanddele (behalwe die olie en sout) in ’n groot pot en verhit tot kook kookpunt. Sit die deksel op en kook ongeveer 30 min. tot al die groente sag is.
3 Voorverhit die oond tot 200 °C.
4 Sny ’n kruisie in die patats of aartappels en vryf met ’n bietjie olyfolie en sout in. Oondbak ongeveer 30 min. tot die skil effens bros en die vlees heeltemal sag is.
5 Druk die gebakte patat of aartappel effens oop. Skep van die vulselmengsel in.
6 Afronding Sprinkel die gerasperde kaas en koljander of pietersielie bo-oor.
7 Meng die suurlemoen met die jogurt en sit voor saam met die gebakte patat of aartappel.
Foto: Benhet Nieuwenhuis