

BACON EN KAAS TWISTERS
Vetkoek deeg – ek maak so
6 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 sakkie kitsgis
Lou water om mee aan te maak en te knie
(Om gis gou te vermeerder, maak gis in ‘n koppie aan met 1 teelepel suiker, 2 teelepels koekmeel en ‘n halwe koppie lou water – laat staan tot die gis mengsel goed skuim as jy dit roer ) Voeg nog ‘n koppie of meer lou water by, voeg by meel en sout – knie deur en laat rys tot dubbel grote, knie af en gebruik ‘n kwart van deeg ( bere res in yskas vir vetkoek ect- rou deeg hou lank in yskas)
1 pakkie streaky bacon in repe geskeur (lengte gewys)
1 pakkie bacon kips (koekies )
Aromat
Droe pietersielie
Knoffel stukkies
1 eier met n eetlepel melk geklits
Gerasperde cheddar kaas
Druk ½ pak koekies stukkend, voeg aromat en pietersielie by.
Rol deeg uit soos vir koeksisters.
Sny repe verf met eier mengsel.
Strooi koekiemengsel oor druk effens vas sit bacon repe op en dan gerasperde kaas.
Twist en smeer met oorblywende eiermengsel waarby ‘n teelepel knoffel gevoeg is / as daar kaas en koekie krummels oor is, strooi bo oor – bak 20 /25 min in oond van 180ºC.
Resep en foto: Tessie Pretorius






