

ANDELINE SE VANILLA KOEK VIR TROUKOEKE
Resep geplaas deur Andeline Smit
Foto: Andeline Smit
FOOD LOVRS RECIPES
Ek maak my resep dubbel aan en bak 4 lae per koek. Met ander woorde vir die onderste laaag dubbel en boonste laag kan jy dalk wegkom met een baksel afhangende van jou koekpanne.
2¾ koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 koppie olie
2 teelepels vanilla
2 teelepels bakpoeier
2,5 ml sout (½ teelepel)
200 ml melk
4 eetlepels karringmelk
4 groot eiers
Klits suiker en olie en voeg vanilla by. Voeg eiers een vir een by.
Sif droog bestanddele. Meng melk en karringmelk en voeg beurtelings met droë bestanddele by.
Bak by 180ºC vir 45 min afhangende van jou oond.
Toets met pennetjie of koek gaar is.
Vir sjokoladekoek gebruik ek hierdie resep maar verander 1 teelepel bakpoeier en 1 teelepel koeksoda. In plaas van 2¾ koppies meel gebruik ek 2 koppies meel en ¾ koppie kakao.
(Die onderste laag is vanilla met karamel vulsel, 2de laag is sjokolade met mousse en boonste laag red velvet met cream cheese)
Versiersel
120 g margarien (wooden spoon of stork bake)
500 g gesifte versiersuiker
2 teelepels vanilla, of enige wat jy verkies
Ideal melk
Meng margarien en versiersuiker, voeg vanilla by en verdun met Ideal melk tot smeerbaar of sodat jy kan pipe.






