

ALTA SE MAKATAAN SKYWE INGELê
Makataan
Sny in skywe, sny binnesagte stukke uit, prik baie goed met vurk of ‘n prikker, moet deurskynend wees, sny in blokkies, ek sny myne die groote van vuurhoudjie boxie.
Laat oornag in gebluste kalk lê, (kry by apteek) maak kalk aan vir +- 7 kg stukke, ek deel dit in 3 en ‘n halwe kilogram en plaas dit in 2 verskillende skottels, 4 Eetlepels kalk op 10 liters water, roer goed.
Laat die kalk afsak, gooi net die water oor die stukke, laat oornag staan in kalk water, volgende dag spoel stukke goed af onder lopende water.
In kastrol kook water en sodra kook sit stukke in, as dit begin kook, kook vir so 30 min.
Intussen kook stroop, 14 koppies suiker en 21 koppies water in elke kastrol (ek gebruik 2 groot kastrole en kook 3 en ‘n half kg in elkeen) in 2 kastrole ( elke kastrol kry dan 3 en ‘n half kilogram, en as stroop kook haal stukke versigtig uit water en sit in stroop, kook tot helder deur skynend en crispy, dit moet vinnig kook; bottel warm in gesteriliseerde bottels
Bron en Foto: Alta Gunter Van Dyk






